Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (vers 18)

Wat sien mense as hulle na jou kyk? Sien hulle die glans van die Here uit jou uitstraal?
Paulus verwys hier na iets wat in die woestyntyd met Moses gebeur het (Eks 34:28-35). Sy nabye kontak met God het ’n na-gloed veroorsaak, sodat sy gesig geblink het. Hy moes sy gesig met ’n doek toemaak om die glans weg te steek.
Die heerlikheid wat van óns uitstraal, oortref dit wat uit Moses gestraal het, sê Paulus (vers 10). En dis nie net van sekere super-gelowiges waar nie. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here (vers 18). In ons intieme wandeling met God kan dit nie anders nie as dat die heerlikheid van Jesus uit ons straal, hoe langer hoe meer, deur die werk van die Gees.
Sien mense die Here Jesus in jou? Sy liefde, integriteit en krag? Of versluier jy dit onder ’n masker van selfsugtige ambisies of wêreldse sorge?

image_pdfimage_print

Views: 83

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.