Al bou jy daar in die hoogte soos ’n aasvoël, al sit jy jou nes tussen die sterre, Ek sal jou daar afhaal, sê die Here. (vers 4)

Hierdie profesie het my aan Psalm 139 laat dink, want dieselfde wat hier oor Edom gesê word, sê Dawid in Ps 139 oor homself. Daar bely hy dat hy glad nie vir God kan wegkruip nie, want God is oral en sien oral (Ps 139:7-12).

Edom het gedink die hoogtes sal hom veilig hou, maar die Here se hand reik tot daar.

Dit is waar die ooreenkoms tussen Dawid en Edom ophou, want terwyl die Here se oordeel Edom uit die skeure sal gaan haal, bely Dawid dat die Here se alomteenwoordigheid hom veilig laat voel.

Dis van jou en my ook waar.

Die troos van hierdie profesie is dat daar ’n dag sál aanbreek wanneer God sal optree en sy mense sal verlos. Daardie dag sal dit nag wees vir dié wat dink hulle kan sonder God leef en maak wat hulle wil.

Ons weet dat daardie dag nader kom; Jesus het ons belowe dat Hy weer kom. Daarom kan ons met hoop leef.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.