Ellende wag vir dié wat by Egipte hulp gaan vra; hulle verlaat hulle op perde, hulle is vol vertroue as daar baie strydwaens is, as hulle oor ’n menigte ruiters kan beskik; maar op die Heilige van Israel vertrou hulle nie, na die wil van die Here vra hulle nie. (vers 1)

’n Mens kan dié woorde lees en dink jy is nie so dom soos die Jode van destyds nie. Maar in die lewe van elke dag is dit maklik om jou vertroue op die verkeerde dinge te stel. Ek praat met ’n man wat in ’n krisis is en herinner hom aan die Here se sorg en sy groot mag. Sy antwoord? “Nee wat, ek dink nou nie juis só oor die saak nie.” Ander verlaat hulle op die sekuriteit wat geld bied, net soos die Jode hulle op afgode verlaat het (vers 7). Ander dink hulle eie slim planne sal die deurslag gee.
In dié verband lees ek van ’n man wat op sy lessenaar ’n spreuk het wat lui: “Faith is living without scheming.” Is dit hoe jou geloof ook werk? Watter agterdeure hou jy oop as jou vertroue op die Here nie vir jou rus bring nie?

image_pdfimage_print

Views: 23

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.