Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. (vers 1)

Die Jode was op dié stadium al so 50 of 60 jaar lank in Babel. Hoewel daar Jode was wat getrou gebly het en hulle geloof behou het, was daar ook ander Jode wat hulle land, en meer nog, vir God, vergeet het. In dié omstandighede kom die onvergelyklike uitnodiging van die Here by monde van Jesaja (vers 1): “Kom, almal wat dors is …”
Van die Jode wat aan God trou gebly het, het skeef opgekyk en gevra: “Almal? Hoe kan God vir hulle wat nie getrou was nie, net so ’n kans gee as vir ons?”
God se antwoord is verstommend (vers 8): “My gedagtes is nie julle gedagtes nie.” Gelukkig is dit so. Waar ons lankal sou ophou help en ophou vergewe, bly die aanbod van die Here nóg staan dat ons na Hom kan, en moet, kom. Daarom kan ons bly hoop op God.
Kom ons gryp God se aanbod aan. Kom ons leef met hoop!

image_pdfimage_print

Hits: 21

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.