As u toorn ontbrand, laat U die mens sidder en beef. Wie kan dan voor U staan? (vers 8)

Die agtergrond vir die psalm is heel moontlik koning Sanherib van Assirië se inval in Juda tydens die regering van koning Hiskia. Hy het Jerusalem beleër (2 Kon 19:34-35). God het wonderbaarlik ingegryp en die Assiriërs op die vlug laat slaan.
Hierdie psalm bely dat ons ’n God aanbid wat onvergelyklik heerlik is. Net Hy regeer vanuit die hemel. Net Hy kan leërmagte verslaan en verwaandes se magsmisbruik breek. Net Hy kan hulpeloses red en verdrukkers in sy oordeel straf. Hy alleen is die God van hemel en aarde.
Daarom kan jy met hoop lewe, al lyk dit of alles om jou in duie stort.
Daarom hoef jy nie paniekerig te raak nie, al bedreig die goddeloses jou lewe.
Daarom kan jy met vertroue die toekoms ingaan, want niks of niemand (Rom 8:38-39) kan keer dat jy jou ware bestemming bereik nie: ’n lewe by God waarin Hy alleen heers.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.