Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. (vers 9)

Dis goed om terug te dink aan tye toe jy naby die Here was as jy smag na verandering en vernuwing in jou geloofslewe (vers 5-7).
Terugdink is goed, maar dit mag nie daarby bly nie; dit moenie ontaard in ’n gedromery oor die “goeie ou dae” nie, want dít gaan nie herlewing bring nie. Herlewing begin daar waar jy stil en diep na die Here luister en wag op die leiding wat Hy gee. Herlewing begin waar jy ’n wilsbesluit neem om nie weer weg te dwaal nie. En daarop volg gehoorsaamheid aan die Here se wil: ’n lewe van liefde, trou en doen wat reg is, want só baan jy die weg vir die Here se koms in jou lewe. As dít jou ingesteldheid is, skenk God die nuwe lewe.
Dit was ook die boodskap van Johannes die Doper, die een wat God gestuur het om die weg te berei vir Jesus se koms (Lukas 3). Bekeer julle, het hy gepreek. Moenie net droom van die koninkryk van God nie! Draai jou rug op dit wat verkeerd is en leef nuut en anders!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.