Maar die Engel van die Here het vir Elia die Tisbiet gesê: “Loop gou die boodskappers van die koning van Samaria tegemoet en sê vir hulle: Is daar dan geen God in Israel nie dat julle vir Baäl-Sebub die god van Ekron gaan raadpleeg? (vers 3)

Die Here is nie ons speelmaat nie. Hy sê uitdruklik in die tweede gebod (Eks 20:5) dat Hy “’n besitlike God” is (2020-vertaling) wat nie ontrou aan Hom duld nie. Hy alleen is God. Punt.
Dit was Elia se missie teen koning Agab en Isebel. Hulle het die Baäldiens ingevoer en die Here weggestoot. Daarom die konfrontasie op die berg Karmel (1 Kon 18), sodat almal moes weet: Jahwe, die God van Israel, is die enigste ware God.
Blykbaar het Ahasia nie dié boodskap gekry nie, want in sy nood draai hy nie na die Here nie, maar na Baäl-Sebub, die Filistynse afgod van Ekron.
Interessant dat die boodskappers wat Ahasia gestuur het, nie vir Elia herken het nie. En later, toe die eerste twee offisiere met Elia praat, was dit bars en sonder enige agting. Hoe kort is mense se geheue nie!
Die vraag waarvoor hierdie verhaal jou stel, is: Waarheen draai jy as jy in die nood is?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.