Net die Judastam het vir Dawid ondersteun. (vers 10)

Jare voor hierdie gebeure het die profeet Samuel al vir Dawid tot koning gesalf (1 Sam 16:13). Dit lyk nou of Dawid uiteindelik koning sal word. Die oorlog met die Filistyne het die koningshuis van Saul van sy leiers gestroop. Dawid, Saul se skoonseun en voormalige veggeneraal, was die logiese troonopvolger. Tog tree Dawid nie selfvoldaan op nie. Hy neem sy besluite in biddende afhanklikheid van die Here (vers 1).
In Hebron bevestig die Judastam Dawid se koningskap deur hom as koning te salf (vers 4). Hy doen sy bes om die vervreemding wat tussen hom en Saul ontstaan het, te oorbrug (vers 5-6). Maar die familie van Saul onder leiding van Abner, Saul se oom en hoof van die leër, weier om Dawid terug te verwelkom. Hy dryf eerder die wig verder in en verklaar oorlog teen Dawid.
As jy doen wat God van jou verwag, beteken dit nie noodwendig alles sal vlot verloop nie. Daarvoor sorg die Bose met al sy lis. Dan moet jy geduldig en getrou jou roeping bly uitleef. Jy sal nie beoordeel word volgens die sukses wat jy behaal nie, maar volgens jou getrouheid aan jou opdrag.

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.