Ek bid dat Hy julle geestesoĆ« so verhelder dat julle kan weet […] hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. (Efes 1:18-19)

Dit lyk soms vir buitestanders asof die Here tot wie ons Sondae lofliedere sing, net in die kerk is. Want as ons eers by die kerkdeure uitgestap het, is ons net so beangs, benoud en verward soos die ongelowiges. Ons God is so klein dat Hy in ā€™n kerkgebou toegesluit kan word, tot volgende Sondag ā€“ so lyk dit.
Ons lewe soos sukkelaars, en dit terwyl Christus gesĆŖ het dat Hy gekom het om ons die lewe te gee, en dit in oorvloed. Ons krimp ineen as ons sien hoe die duiwel rondloop soos ā€™n brullende leeu, en dit terwyl ons Heiland die groot Koning is.
Hoekom? Omdat ons nie verstaan dat God op ā€™n ongelooflike manier in ons aan die werk is nie. Daarom dat Paulus hier bid dat God ons oĆ« sal verhelder dat ons kan weet hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo ā€“ dieselfde krag wat Christus uit die dood opgewek het. DƔƔrdie krag werk ook in ons!
Ag nee wat! Ons durf nie sukkel-sukkel aanstrompel op die geloofspad nie. Ons is bekragtig!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.