Die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm. Hy het Hom na hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie; Hy het hulle tot nou toe nie verwerp nie. (vers 23)

Die berigte oor die konings van Israel klink amper eentonig. Van elke daaropvolgende koning word gesê “hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here” (in hierdie hoofstuk: vers 3 en 10). En tog het die Here aan die hand van Elisa baie meer wonders gedoen en uitkoms bewerk as vir die konings van Juda. Die enigste verklaring hiervoor is dat die Here Hom oor Israel ontferm het (vers 23). Hierdie swartskaap-volk het telkens hulle rug op die Here gedraai, maar die Here het hulle nie verwerp nie.
Dit bring rus in my gemoed as ek dink oor my eie pad met die Here, wat ook nie altyd is soos dit hoort nie. Ek is immers ’n verbondskind. Die doop bevestig dit: ek is Syne! Andersyds gee dit my hoop vir vriende en dierbares wat nie glo nie. As die Here geduld gehad het met Israel van ouds, sal Hy dit tog sekerlik ook hê met mense wat vandag sukkel om te glo.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.