Hiskia […] het ook die koperslang wat destyds deur Moses gemaak is, laat stukkend slaan, want tot nou toe het die Israeliete die koperslang met offers vereer. Die slang is Negustan genoem. (vers 4)

Die verhaal van die koperslang staan in Num 21:4-9. Die Here het destyds giftige slange onder die volk ingestuur omdat hulle teen Hom uitgevaar het. Toe die volk berou gehad het, het die Here Moses beveel om ’n koperslang te maak. Elkeen wat gepik is en daarna opgekyk het, het bly leef.
Dit is te verstane dat die koperslang vir Israel ’n kosbare herinnering geword het van die uitkoms wat God gee. Mettertyd het die slang egter ’n soort afgod geword wat met offers vereer is. God is duidelik daaroor dat ons naas Hom geen ander gode mag hê of vereer nie (Eks 20:3-5).
Die hervormer Calvyn het gesê die mens is ’n afgodsfabriek. Ons kan van enige iets ’n afgod maak. Dit gebeur wanneer ons aan iets meer waarde heg as wat ons behoort. Dit neem dan al meer plek in ons lewe en gedagtes in en verdring uiteindelik vir God.
Jesus het gesê as iets jou laat struikel, raak ontslae daarvan (Matt 5:29-30). Dis presies wat Hiskia gedoen het. Ons behoort dit ook te doen.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.