Ek gaan Jerusalem met dieselfde maat meet as dié waarmee Ek Samaria en die koningshuis van Agab gemeet het; Ek gaan Jerusalem skoonvee soos ’n mens ’n skottel skoonvee en dan omkeer. (vers 13)

Die algemene opvatting destyds was dat ’n volk ’n oorlog verloor omdat die ander volk se god of gode sterker is. Daarom het baie Jode gedink hulle is deur Babel vermorsel omdat Marduk, die god van Babel, sterker is as Jahwe, die God van Juda.
Om dié vals siening te weerlê, vertel die skrywer dat die Here die mense van Juda by monde van sy profete gewaarsku het dat hulle met vuur speel, en dat Hy hulle swaar gaan straf omdat hulle ontrou aan Hom geword het. Niemand moes onder die wanindruk verkeer dat Jahwe te swak was om sy volk teen Babel te beskerm nie.
Die waarskuwings van die profete oor baie jare was uiteindelik die rede hoekom die Jode, ondanks alles, hulle geloof in God behou het. Hulle kon maklik geredeneer het dat God hulle vergeet het en Hom die skuld vir hulle ellende gegee het, maar danksy die profete het hulle in Babel die oorsaak in hulleself gesoek.
’n Boodskapper van God wat net altyd “mooi” boodskappe bring, help uiteindelik niemand nie.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.