… moet die eienaar van die huis vir die priester gaan sê: ’Dit lyk my daar is ’n swamplaag in my huis.’ (vers 35)
Dit is veelseggend dat die Here ook voorskrifte vir aangetaste klere (13:47-59) en huise (14:33 e.v.) insluit in die reëlings oor siektes. ’n Lid van die gemeenskap het nie die reg om iets wat tot skade kan wees, te benut nie, en die onus rus op hom of haar om dit aan te meld as daar fout is. Elkeen moet sy besittings oppas en gebruik op só ’n manier dat dit nie ander se welstand bedreig nie. Wanneer daar ’n besmetting is, moet dit verwyder of vernietig word.
In ons moderne wêreld met sy komplekse tegnologie beteken dit dat ’n persoon of maatskappy die verantwoordelikheid het om te sorg dat die produkte wat gelewer word, nie net aan sy doel beantwoord nie; dit moet ook veilig wees vir die gebruikers.
Dit is jou en my morele plig om met dit wat ons het, en die manier waarop ons leef en werk, só te handel dat ons nie iemand anders benadeel of die omgewing besoedel nie. Die onus rus op ons, nie (net) op die owerhede nie, om te sorg dat dit gebeur.
Views: 9