Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe. (vers 19)

Moses voorsien dat die volk, wanneer hulle in die beloofde land gevestig geraak het, ’n eie koning sal wil hê soos wat in die omringende volke gebruik was. Daarom maak hy ’n lysie van basiese dinge wat in so ’n geval moet geld, o.a. dat hy nie baie vroue mag hê nie (vers 17).
Die riglyn oor baie vroue is alreeds deur koning Dawid verontagsaam. Sy baie vroue (en veral hulle kinders) het matelose hartseer in Dawid se huis gebring. Dan praat ek nie eers van koning Salomo nie (1 Kon 11:3-5).
Die oplossing is om die Here se voorskrifte nougeset te volg. Jy moet dit gereeld lees (vers 19) en dit deel maak van wie jy is. Dít is hoe die Here se Woord in ons lewens werk. Jy kan nie vir elke ding wat gebeur en vir elke besluit wat jy (dikwels in die hitte van die oomblik) moet neem, eers die Bybel oopmaak en soek vir leiding nie (vgl Ps 119:11).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.