Wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie beangs raak nie, want hierdie dinge moet eers plaasvind, maar dit is nog nie onmiddellik die einde nie. (vers 9)

Jesus het gesê dit gaan nie aldag maklik wees nie. Vals stemme, oorloë, aardbewings, hongersnode en epidemies, vervolging … Selfs jou familie en vriende kan teen jou draai.
Jesus sê vier goed wat ons vandag kan help:
Daar kóm moeilike tye, ook vir Christene. Dan moet jy nie dink alles is verlore en die duiwel het gewen nie. Ook (en veral!) in die moeilike tye is God teenwoordig om ons te bewaar (vers 18).
Armpies gevou wag is nie ’n opsie nie (vers 19). Ons moet elke dag leef in die verwagting dat Jesus enige oomblik weer kan kom, want dit gaan gebeur op ’n tyd wanneer ons dit nie verwag nie.
Dis nie ’n ramp wat op ons wag nie, maar ’n geleentheid om te getuig (vers 13).
Wanneer dinge rof gaan, is Hy by ons om ons te help en te lei (vers 14). Ons hoef nie haarfyn te weet wat die toekoms vir ons inhou sodat ons ons daarop kan voorberei nie. Ons moet net innig aan die Here verbind leef. Hý sal sorg, belowe Hy.

image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.