Die Galdeërs het die paleis en die huise van die volk afgebrand en die mure van Jerusalem platgeslaan. (Jer 39:8)
In een kort sin word ’n eindelose ellende meegedeel. Jerusalem, die eens feitlik oninneembare vestingstad en trots van elke Jood, se einde het aangebreek. Hoe dit die Joodse psige geraak het, sal jy goed verstaan as jy Psalm 139 lees. Klaagliedere 1 en 2 gee ’n mens ook ’n goeie indruk van hulle uiterste gebrokenheid.
Dat Nekukadnesar se magtige leër agtien maande nodig gehad het om die stad in te neem, sê iets van dié vestingstad se ligging en bou.
Die Jode se probleem was presies dit: Jerusalem, hulle veilige vesting. Ondanks al die vermanings en waarskuwings van God se profete, o.a. Jeremia, het hulle volhard op hulle verkeerde weë, want hulle het nooit kon glo dat Jeremia se profesieë waar kon word nie. Maar as God se oordeel opgeroep word deur bose afvalligheid, is selfs die beste beskutting niks werd nie. Dan help selfs die beste aardse voorsorgmaatreëls niks.
Daarom soek gelowiges hulle beskutting nie by aardse sekuriteite nie, maar by God. Hý is ons Rots en veilige vesting. By Hom kan ons rus vind (Ps 62:2-3; kyk ook na Ps 146).