Lees 1 Pet 1:1-9; 23

Jy is nie net wedergebore (vers 23) nie; God het jou die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood (vers 3). Op ’n manier wat ons koppe nie goed kan verstaan nie, het dit wat met Jesus gebeur het, ook met ons gebeur. Hy het nie in die graf gebly nie, maar uit die dood opgestaan. Hy is nie meer deel van hierdie aardse bestel nie, maar méér, heerliker, oorwinnend nuut. En – dis van jou ook waar! Daarom kan Petrus skryf dat God aan jou die nuwe lewe geskenk het. Jy leef, omdat Jesus leef.

Ons is gou om Jesus se sterwe te omhels en te bely dat ons op Golgota vergifnis ontvang het deur sy bloed. En dit is waar. Dis die evangelie! Maar die evangelie is veel meer. Dit is ook die goeie nuus dat ons saam met Jesus opgestaan het (Kol 3:1 en verder). Daarom sê Heidelbergse Kategismus vraag 88 dat ware bekering nie net uit die afsterwe van die ou mens bestaan nie, maar ook uit die opstaan van die nuwe.

Jy is nuut. Dis God se geskenk aan jou. 2 Korintiërs 5:17,18a sê dit prontuit: “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God.”

Gebed: Ek loof U, Here, vir die wonderlike gawe van die nuwe lewe.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.