Ons nuwe reeks is 'n verwerking van Andrew Murray se boekie "Waiting on God."

Andrew Murray (9 Mei 1828 – 17 Julie 1917) is een van die mees invloedryke Suid-Afrikaanse predikante van die 19de en vroeg 20ste eeu. Hy het meer as 250 boeke die lig laat sien; baie daarvan is steeds in druk en in aanvraag in die VSA en Brittanje.
Sy innige, byna piëtistiese geloof het ’n blywende indruk in die Suid-Afrikaanse kerklike landskap gelaat. Dit was tydens sy bediening in Worcester dat die groot herlewing wat destyds regoor Amerika en Groot Brittanje versprei het, ook in sy eie gemeente begin het, skaars ses maande nadat hy daar bevestig is as predikant. Dit het uiteindelik tot die geseënde gebruik van Pinksterbidure in die NG Kerk gelei. Hy word ook beskou as die vader van die pinksterbeweging in Suid-Afrika.
Andrew Murray was maar 20 jaar oud toe hy in 1848 as predikant in Bloemfontein begin het. In 1860 verskuif hy na Worcester. In 1864 word hy predikant van die Groote Kerk in Kaapstad, maar skuif in 1871 vanweë sy groot werkdruk na Wellington, wat ’n minder veeleisende gemeente was. Hy het daar gearbei tot met sy dood in 1917.

In “Waiting on God” sê hy dat ons in ’n gejaagde kultuur leef, maar dat God ons roep om in hierdie gejaagde lewe op Hom te wag. Om op God te wag is om beheer oor te gee en nie op jou eie insigte te steun nie. Dis om te wag dat God ons in ons lewens aan die werk kom; dat Hy ons dade rig.
Andrew Murray nooi ons in hierdie 31 oordenkings om te leer hoekom, en hoe, ons op God moet wag. Deur op Hom te wag, sal ons Hom op vars, nuwe maniere ontmoet.

image_pdfimage_print

Views: 20

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.