Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. (vers 11)

Ons is in ’n oorlog gewikkel as gelowiges – nie teen ander mense nie, maar teen die listige aanslae van die Bose. En in hierdie stryd is ons weerloos as ons op ons eie probeer om staande te bly. Ons het wapens nodig – die wapens wat God ons gee om ons te beskerm teen die aanslae: die waarheid, die vryspraak deur God, die bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing en die woord van God (vers 14-17).
Interessant dat Paulus nie aanvalswapens noem (soos ’n spies of pyl en boog) nie. Een verklaarder sê die Here gee nie vir ons aanvalswapens nie, want Hy verwag nie van ons om die duiwel aan te val nie. Dit sal Hý doen. Hy gee ons wapens om ons mee te verdedig as Satan óns kom aanval.
Ons kan nie elkeen in hierdie oorlog maak wat ons wil en waar ons wil nie. Daarvoor gee God ons die wapen van gebed (vers 18). Want in God se teenwoordigheid kry ons van ons hemelse Bevelvoerder die leiding wat ons nodig het.

Naskrif: Môre begin ons met die boek Ester.

image_pdfimage_print

Views: 46

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.