Is die duiwel se naam regtig Lucifer?

Die kort antwoord op dié vraag is: nee.

“Lucifer” is die Latynse naam vir die planeet Venus, die helderste ster in die hemelruim. In die volksmond word dit die môrester én die aandster genoem, omdat dit net voor sonsopkoms en net na sonsondergang so helder skyn.

In Jes 14:12 word die koning van Babel spottenderwys “die helder môrester” (in die Latynse vertaling “Lucifer”) genoem, en sê Jesaja hy het uit die hemel geval, as beskrywing van sy ondergang. Dit is egter nie ’n direkte verwysing na Satan nie. Daarvoor moet ons na die Nuwe Testament blaai.

In Luk 10:18 verbind Jesus hierdie ster wat uit die hemel geval het, met Satan, en in Op 9:1 en 12:9 kry ons dieselfde gedagte. Daarom het “Lucifer” ’n simboliese naam geword vir Satan voor sy val — ’n engel wat trots geword het en teen God gerebelleer het, en daarom uit die hemel geskop is.

image_pdfimage_print

Views: 95

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.