Dis vandag reeds die 2de Sondag van Advent. Ons is almal saam met die hele wêreld op een of ander manier besig om ons voor te berei vir Kersfees. Kyk, ’n mens moet siende blind en horende doof wees om nie agter te kom dat ons Kersfees nader nie: die versierings in die...
Wanneer ons hierdie gedeelte lees, lyk dit darem maar na ’n harde en ongenaakbare heer van wie hier gepraat word. En as Jesus dit nou op ons geloofslewe toepas, lyk dit asof God ’n harde en wrede God is, wat net heel dag werk uitdeel, en ons het niks te sê nie....
Wie van julle kon al ’n wildevyeboom in die see gaan plant, soos die Here hier sê? Beteken dit dan nou dat ons nie genoeg geloof het nie? Want selfs al is jou geloof so klein soos ’n mosterdsaadjie, sal jy dit kan doen, sê die Here hier in vers 6. Dis hoe dit klink as...
Ons Afrikaners is ’n Christelike volk, het ons altyd geglo. Maar jy sal saamstem: dis lank nie meer die geval nie. Dis met ons eerder soos met die Israeliete waarvan ons nou gelees het. Israel het vir God vergeet. Israel het so mooi, so belowend, begin. Alles was tog...
Wat verwag jy gaan met jou gebeur, jy wat Sondag na Sondag in die kerk is? Waarom is jy deel van ’n Bybelstudiegroep wat week na week bymekaarkom om die Woord van God te bestudeer en saam te bid? Hoekom lees jy elke dag jou Bybel in jou binnekamer? Hoekom is jy ’n lid...
Ons preekkunde-professor het vir ons geleer dat ’n gelykenis soos ’n grap werk. As jy dit eers moet verduidelik en ontleed, is die grap nie meer snaaks nie. Dis juis in die vreemde, die verrassende, die onverwagse, wat die geheim van die grap lê, en jy moet dit snap,...