My tye is in u hand. (vers 16a)

Jesus het die woorde van vers 6a aan die kruis gebid (Luk 23:46): “Vader, in u hande gee ek my lewe oor.” Dit eggo ook in die belydenis van vers 15-16: “Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand.”

Dié woorde is nie net ’n belydenis nie. Dit is ook ’n gebed, ’n versugting, dat God jou tye sal reël, want jy begeer niks anders nie as dat Hý in beheer van jou lewe sal wees.

“My tye is in u hand” is nie ’n gelate oorgawe aan ’n mag wat jy nie kan ontwyk nie. Dis nie om te swig voor God se almag nie. Dis nie om te sê: “As dit dan nie anders kan nie, sal ek my seker maar daarin moet berus” nie.

Daarom is vers 6 óók deel van die psalm: “In u hande gee ek my lewe oor.” Want ten diepste is hierdie gebed ’n versugting, ’n hartgrondige oorgawe om deel te wees van God se plan. Dis om te sê: “Hier is ek, Here. Neem my lewe, maak my diensbaar in u Koninkryk!”

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.