Die Here was by Josef en dit het baie goed gegaan met hom. (vers 2)
… alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. (vers 23)
Die Josef van Gen 39 verskil radikaal van die bedorwe brokkie van Gen 37. Ons leer hom hier ken as ’n verantwoordelike en Godvresende man, betroubaar en opreg. Dit gebeur mos so dat die moeilike tye die beste in ’n mens na vore laat kom.
Die hoofstuk word omraam deur die uitspraak dat die Here by Josef was. En tog gaan dit van kwaad na erger met hom.
Ons moet dit goed verstaan: die feit dat jy aan God behoort en Hom dien, is geen waarborg dat alles op tydelike gebied met jou goed sal gaan nie. Die Here was by Josef, maar tog word hy vals beskuldig deur Potifar se vrou en beland hy in die tronk.
Dis vir my duidelik dat Potifar nie sy vrou geglo het nie, anders het hy Josef summier tereggestel. Maar hy kon Josef nie teen sy vrou se getuienis in in sy diens hou nie. Daarom beland Josef in die tronk wat direk onder Potifar as hoof van die koninklike lyfwag se toesig geval het.
Die Here was inderdaad by Josef!
Hits: 2