Jubel in die Here, regverdiges, sing ’n loflied, opregtes! (vers 1)

In hierdie psalm roep die digter die hele gemeente om jubelend voor die Here te versamel en Hom te prys, want Hy is die Skepper van hemel en aarde; Hy hou alles deur sy magswoord in stand. Teenoor die mense se ydele planne staan God in sy ewigheid en trou. Sý planne staan vas; ’n mens kan daarop vertrou. Hy weet alles van ons – Hy het ons immers Self gemaak!

Mense kan dink dat hulle deur vernuf of groot mag hulle eie lewens kan reël, maar dis ’n illusie. God is die Een wat alles beheer en vir sy kinders sorg. Daarom kan ons voor Hom juig en op Hom vertrou.

As jy soos die digter gaan kyk na God se verhouding met die ganse mensdom, sal jy baie redes hê om Hom te prys. As jy gaan kyk na sy verhouding met jou as sy kind, sal jy nog meer redes kry. Dan sal almal kan sien jy bedoel dit opreg as jy sê: Ek vertrou op die Here alleen!

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.