Moet my tog nie verlaat nie, Here, my God, moenie ver van my af bly nie! (vers 22)

Langdurige siekte met oënskynlik geen einde nie, waar die ellende ophoop sonder hoop op genesing, takel nie net jou liggaam af nie. Dit vreet ook aan jou gees. Dit kan maak dat God vir jou ver weg voel; dat jy dit beleef dat sy toorn groter is as sy liefde. Dit voel later of God jou verlaat het. Boonop begin jou verhoudings met ander daaronder ly. Jy raak agterdogtig oor mense se motiewe en optrede. En natuurlik begin jy wonder of dit jou sonde is wat alles veroorsaak.

Dit is dié proses wat die digter hier verwoord. Hy is siek, sy vriende het hom versaak, en God straf hom.

Tog hou hy aan om te bid, klou hy aan God vas, al dink hy God is die oorsaak van sy siekte. Selfs dan sê hy (vers 16): “Ek vertrou op U, Here, U sal antwoord, Here my God.” Hy hou aan bid in weerwil van sy vertwyfeling. Want ten spyte van alles glo hy dat God liefdevol en genadig is.

Geloof is nie ’n logiese sisteem nie, dis ’n verhouding met die lewende God. Daarom kan jy bly hoop.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.