n Ontmande Etiopiër […] het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.” (vers 27-29)

Gister het Stefanus ons gehelp om weer te dink oor die dinge waaraan ons te veel waarde heg toe hy die Jode se beheptheid met Israel en die tempel ontmasker het. Maar ook die eerste Christene moes loskom van vooroordele wat hulle met moedersmelk ingekry het en wat hulle geglo het direk van God kom. Daarom stuur die Gees vir Filippus na ’n ontmande Etiopiër. Hy is nie ’n gebore Jood nie, en boonop ’n ontmande wat nie aan die erediens kon deelneem nie (vgl. Lev. 21:19-20).

Filippus gehoorsaam die Gees, en dit lei uiteindelik daartoe dat die Etiopiër tot geloof kom en boonop gedoop word (vers38).Die eerste nie-Jood wat in Jesus glo, was ’n Afrikaan, en boonop ’n ontmande.

God se weë loop baie anders as wat ons sou dink. Menslik is om grense te trek en perke te stel. Gelukkig is die beheer nie in ons hande nie, maar in God s’n. Sy genade strek véél wyer as waarvoor ons bereid is.

Dit móét ons mos nuut laat dink, of hoe?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.