Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan. (vers 3)
Dit is ’n merkwaardige ding wat hier gebeur. Uit Hand 11:24-26 is dit duidelik dat Barnabas en Saulus (of Saul, Paulus se Joodse naam) ’n formidabele span was wat die gemeente in Antiogië met groot vrug bedien het. Goed, daar was ook ander geestelike leiers, maar Barnabas was die leier, en Saulus die opgeleide teoloog. ’n Mens sou met reg kon sê dat hulle tot die hart van die leierskap behoort het.
En tog, onder leiding van die Gees, huiwer die gemeente nie vir ’n oomblik nie en staan hulle twee leraars af. Dit sê nogal iets van die gemeente se visie; dat hulle wyer gedink het as net hulleself en hulle eie geestelike vorming en groei.
Dit sê ook iets van hulle gebedslewe onder leiding van die Gees, en hulle bereidheid om dié leiding te gehoorsaam.
Ek dink ons het ’n lang pad om te gaan. Ek vermoed dat ons meer geneë is om die leiding van die Gees te vra en te volg wanneer die Gees ons eie verwagtings ondersteun …
Views: 11