Hulle het daarna deur die gebied van Frigië en Galasië gereis, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om die woord in die provinsie Asië te verkondig. (vers 6)

Soms leer ’n mens eers die Here se pad ken namate jy daarop loop. Paulus het nooit geweet die pad lei na Masedonië en Griekeland (Europa) toe hy uit Antiogië weg is nie. Partykeer moet die Heilige Gees jou boonop hier en daar voorkeer en in ’n ander rigting stuur.

As die Here besig is om jou te lei, is alles nie noodwendig dadelik vir jou glashelder nie.

Paulus-hulle het rondgeploeter totdat die Here duidelik vir hulle gewys het hulle moet Masedonië toe gaan. Tóé was daar geen keer aan hulle nie.

Lukas noem die Heilige Gees hier: _die Gees van Jesus_ (vs 7) – want die werk waarmee Paulus besig was, was nie syne nie, maar Jesus s’n.

Daarom moet ons fyn ingestel wees op die Gees se leiding, sodat Hy ons in die regte rigting kan stuur. Sodat Hy ons kan voorkeer as ons dalk in ’n verkeerde rigting beur. Maar as ons volhardend besig bly om God se wil te soek, sál ons hoe langer hoe meer verstaan waar en hoe Hy ons wil gebruik.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.