Toe het Jojada die jong koning vorentoe laat kom, hom gekroon en die koninklike volmag aan hom oorhandig. So het hulle hom koning gemaak. Hulle het hom gesalf, hande geklap en geroep: “Lank lewe die koning!” (vers 12)

Agab en Isebel het ’n dogter Atalia gehad, die ma van koning Ahasia van Juda. Sy het Jehu se bloedbad vrygespring. Toe haar seun en ander prinse uit Juda (2 Kon 10:13-14) aan Jehu se hand sterf, was daar nie ’n logiese troonopvolger nie. Atalia het toe al die oorblywende aanspraakmakers op die troon (wat natuurlik haar eie kleinkinders ingesluit het) laat vermoor en beheer oor die land oorgeneem.
Dit sou die einde van die Dawidiese dinastie beteken het, was dit nie vir die dapperheid van Ahasia se suster Jehoseba nie. Sy het Joas, ’n jaaroud seuntjie van Ahasia, in die tempel weggesteek en ses jaar lank daar grootgemaak, totdat hy oud genoeg was om koning te word met die hulp en leiding van die priester Jojada.
Dit klink byna soos ’n sprokiesverhaal waarin ’n weerlose prinsie deur sy tannie gered word van sy eie bose koningin-ouma. Maar dit is die ware verhaal van God aan die werk om sy belofte aan koning Dawid na te kom. God is getrou!

image_pdfimage_print

Views: 27

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.