Maar een van die bose geeste het vir hulle gesê: “Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?” (vers 15)

Die Bybel is vol humor. Ek glo God kry dikwels ’n heimlike glimlag oor die goed wat mense hier op aarde aanvang, en oor mense se reaksie op die evangelie. Soos die sewe seuns van Skeva se penarie toe hulle gedink het hulle kon met Jesus se Naam smous.

Dit was seker jaloesie wat hulle gedryf het, want dit was vir almal in Efese duidelik dat God deur Paulus werk en wonderbaarlike dinge doen (vers 11). Die seuns van die Joodse priesterhoof wou dié feit tot hulle eie voordeel gebruik, maar hulle het bedroë daarvan afgekom en moes kaal en stukkend die aftog blaas.

Selfs ’n bose gees kan deur God gebruik word om sy Naam te verheerlik en sy teenstanders op hulle plek te sit!

Die uiteinde van dié konfrontasie was dat die Naam van die Here Jesus geprys is (vers 17). Talle kom tot bekering en draai die rug op die okkultiese praktyke (vers 19).

Ons aanbid ’n wonderlike God!

image_pdfimage_print

Views: 21

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.