Maar daar is ’n God in die hemel wat geheime kan openbaar … (vers 28)

Wat doen ’n mens as die frustrasie oorkook, of ’n krisis dreig om jou te oorweldig? Daniël 2 vertel van twee uiteenlopende reaksies. Nebukadnesar se oplossing vir sy frustrasie is eg menslik: geweld. Al die koninklike raadgewers moet doodgemaak word.
Geweld is egter nie die gelowige se oplossing nie. Daniël reageer deur “versigtig navraag” te doen (vers 14). In die 2020-vertaling staan dat hy “met raad en goeie oordeel gereageer” het. Nie arrogant of uitdagend nie, maar diplomaties. Hy onderhandel uitstel, sodat hy en sy vriende met God oor die krisis kan praat.
Jare later was dit presies wat Paulus vir die gemeente van Filippi bid: begrip en fyn aanvoeling om te onderskei waarop dit werklik aankom (Fil 1:9-10). Sagaria onderstreep dit in Sag 4:6: “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”
Daniël het dit verstaan, en geleef soos Psalm 127:2 leer: “Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” Of soos Spr 3:5-6 ons maan: Vertrou volkome op die Here en ken Hom in alles wat jy doen. Dis nog net so waar vir ons vandag.

image_pdfimage_print

Views: 42

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.