Nadat Paulus dit gesĂȘ het, het hy brood geneem, God in die teenwoordigheid van almal gedank, dit gebreek en begin eet. Hulle het almal moed geskep en self ook begin eet. (vers 35-36)
Twee weke op die stormsee is genoeg om enige mens se moed te breek. Lukas skryf dat hulle inderdaad alle hoop laat vaar het om gered te word (vers 20). En dis nie asof Paulus hulle nie vooraf gewaarsku het nie, maar die Romeinse offisier het nie gedink Paulus se raad is die moeite werd om te volg nie (vers 11).
Wat maak ân mens wanneer die ellende sĂł oor jou toesak?
Talle Christene sal saam met die ander hoop verloor. Maar dis juis dĂĄn dat die gelowige moet uitstaan en ân draer van hoop wees. Dis presies wat Paulus hier doen. Hy vertel hulle van God, en God se belofte aan hom (vers 21-26). En hy stel die voorbeeld deur te eet soos iemand wat weet dit is nie die einde nie (vers 35).
Die krisis waarin ons land en die wĂȘreld tans is, vra dat ons met hoop sal leef. Ons dien immers die lewende God, Here van die ganse skepping. Hy sal ons nie los nie!
Â
Ons is (DV) mĂŽre klaar met die boek Handelinge. Saterdag begin ons met die boek Genesis. Dankie dat jy saam lees.