Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so ’n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.” (vers 21)
Hierdie onderneming van God is louter genade. Was dit nie hiervoor nie, sou Hy in ons tyd seker weer soos in Noag se tyd opgetree het. Want die mense van ons tyd lyk nie anders as dié in die tyd van Noag nie. Talle mense vandag lewe ook net vir hulleself, ver van God en sy gebod af.
Om God se eie onderneming gestand te doen, moes Hy op ’n ander manier die voortwoekering van die sonde op aarde en in ons lewens stuit. Daarom het Hy sy Seun aan die kruis op Golgota laat spyker vir die sonde van die wêreld.
Hierdie wêreld bly voortbestaan, nie omdat vandag se mense beter is as in die tyd van Noag nie, maar omdat God dit aan Noag (en ons) belowe het (lees ook Gen 9:8-19).
Dis die evangelie!
Views: 6
Baie dankie Oom Jaco dat ons die voorreg het om saam met oom die Bybel te kan lees. Ook dank ek my Hemelse Pa dat hy vir oom gebruik om die Bybel vir my te verduidelik. Ek bid Seen toe vir oom Jaco
Baie dankie. Ek is bly dat dit help. Dis vir my ‘n wonderlike voorreg om só in die Here se diens te kan wees. ✝️