Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê. (vers 21)

Die eerste vraag wat by ’n mens opkom as jy dié verhaal lees, is of wyndrink dan sonde is. Soos met alles in die Bybel, moet ’n mens ’n verklaring gaan soek in ander gedeeltes wat ook oor dieselfde saak gaan. In Ps 104:14-15 lees ons: “U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy sy kos uit die aarde kan kry: wyn om mense se harte bly te maak, olie om die gesig te versorg, kos om die mens nuwe krag te gee.” Dan is daar nog die bruilof in Kana waar Jesus self water in wyn verander het (Joh 2), en die nagmaal, wat Jesus met wyn ingestel het. Paulus raai sy protégé Timoteus ook aan om wyn te drink (1 Tim 5:23).

Wyn en die drink van wyn is nie verkeerd nie; dis ’n gawe van God. Dis die misbruik daarvan wat probleme skep. Daaroor is die Bybel duidelik. In Efes 5:18 staan dit letterlik: “Moenie dronk word van wyn nie …” Dit was Noag se sonde.

Gam s’n was dat hy nie sy pa geëer het soos van hom verwag is nie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.