“Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. […] Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen […] Ek het vir Oholiab [..] aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het.” (vers 1-6)

Dis nie net geestelikes wat deur God uitgesoek en toegerus word nie. Hier lees ons van vakmanne, toegerus deur die Gees om met vaardigheid, insig en verstand die tabernakel en priestersklede te maak (vers 3-5). En – die Here ken hulle op die naam, soos Hy jou ook op jou naam ken en weet watter vaardighede Hy aan jou gegee het.

God het belang by die vakmanskap en detail van die werk wat gedoen word. Daarom het Hy gedetailleerde instruksies gegee. Enige rof-en-tjommel saamgeflanste ding is nie goed genoeg vir Hom nie. Net die beste wat jy kan doen, is goed genoeg.

Jou en my persoonlike vermoëns en werksetiek maak vir God saak, want dit is Hy wat dit gee. Daarom vra Hy ook ons allerbeste, soos Hy dit van Besaleël en Oholiab verwag het.

God ken jou op die naam, en rus jou toe deur sy Gees. Gee jy jou beste vir Hom?

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.