In jou sal al die volke van die aarde geseën wees. (vers 3)

Die Here maak hier ’n nuwe begin in sy handelinge met die mens. Abram en Sarai word nou die draers van die geloof. In en deur hulle sal God voortaan al die geslagte van die aarde bereik.

Om dit te verwesenlik, vra God twee goed van Abram: hy moet wegtrek na ’n nuwe land, en daar moet hy tot ’n seën wees (vs 1,2).

Daarteenoor belowe God vier keer dat Hy hom sal help en seën: “Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak; Ek sal seën wie jou seën en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” (vs 2,3).

Om aan God gehoorsaam te wees is nie ’n sprong in die duister nie. Dit is om ja te sê op die woord van die Here, omdat jy Hom vertrou, omdat sy teenwoordigheid in jou lewe jou hart tot rus bring, en omdat sy beloftes jou dra van dag tot dag.

Dit is vandag nog so. Daarom dat Augustinus kon bid: “Here, gee vir my wat U vra, en vra dan net wat U wil.”

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.