Toe Abram hoor dat sy familielid weggevoer is, het hy sy volgelinge, drie honderd en agtien slawe wat by hom gebore is, hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan. (vers 14)
Abram gaan bevry Lot en sy mense en die mense van Sodom en Gomorra uit die mag van Kedorlaomer, want hy verstaan dat God se plan met sy lewe dit van hom verwag. Hy moes immers tot seën wees.
Ek dink nie Abram het al die implikasies van sy optrede mooi verstaan nie. Hy het nooit kon voorsien dat dié oorlog vir hom ’n nuwe status in Kanaän sou gee nie. Omdat hy gedoen het wat God van hom verwag het, bevry hy die hele Kanaän uit ’n wurggreep van die vreemde oorheersers, en dit het die gevolg dat Abraham en sy nageslag, Isak en Jakob, ’n verblyfreg in Kanaän gekry het.
DÃt maak my opgewonde – die wete dat as ons maar getrou is in dit wat God elke dag van ons verwag en ons roeping uitleef, dan kan en sal God ons lewe en werke deel maak van sy groter plan met die wêreld, en sal daar vrug vir die koninkryk wees, ver meer as wat ons ooit kan vermoed.