Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is ’n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.” (vers 13)

Hierdie hoofstuk is nie een van die hoogtepunte in Abram en Sarai se lewe nie. Trouens, nie een van die drie karakters van Gen 16 beïndruk nie. Abram is ’n papperd wat nie verantwoordelikheid vir sy dade wil aanvaar nie; Sarai weet nie wat sy wil hê nie en haal dit uiteindelik op Hagar uit; Hagar is ook nie so ’n onskuldige slagoffer dat ’n mens kan sê al jou simpatie lê by haar nie, al is sy deur Sarai en Abram misbruik.

As dít is hoe die toekoms van die Godsvolk lyk, wil ’n mens jou hande in die lug gooi.

Gelukkig is Abram, Sarai en Hagar nie die enigste karakters in dié verhaal nie. Hulle is ook nie die belangrikste karakters nie. Die Bybel is immers nie Abram-hulle se verhaal nie, maar God s’n. Hý is die hoofkarakter wat uiteindelik red wat daar te redde is. En hier leer ons Hom deur Hagar se oë ken as die God wat sien.

Hy sien jou ook. Dis die evangelie.

image_pdfimage_print

Views: 26

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.