Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. (vers 43)

Nêrens sien ons die geheimenis dat Christus nie net ware God is nie, maar ook ware mens, helderder uitstaan as juis daardie nag in Getsemane nie. Daar in sy benoudheid het sy sweet soos bloeddruppels geword wat op die grond val, vertel Lukas ons (22:44).
En die dissipels? Hulle wat so stellig belowe het dat hulle by Jesus sal staan, selfs saam met Hom sal sterwe (vers 35)? Hulle lê en slaap. Volgens Luk 22:45 was dit uit droefheid dat hulle aan die slaap geraak het, uit teleurstelling. Hulle slaap uit droefheid omdat hulle drome aan skerwe lê, omdat die pad wat Jesus gekies het, hulle nie aangestaan het nie. Hulle wou nie ’n Messias gehad het wat aan ’n kruis moes sterf nie; hulle wou ’n Messias gehad het wat die volk kon bevry van die gehate Romeinse oorheersing.
Ek wonder oor die kerk vandag. Lidmate erg hulle aan die kerk, omdat die koers wat Christus met sy kerk inslaan, hulle nie aanstaan nie. Dan raak hulle koud teenoor die kerk, ongeroer deur ons hoë roeping om te waak in hierdie wêreld.

image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.