(Jakob) het vir Ragel baie liewer gehad as vir Lea … (vers 30)

Aan die een kant wil ’n mens sê: Boontjie kry sy loontjie. Jakob is hierdie keer aan die kortste end van die skelmstreek.

Maar die gevolg is hartverskeurend. In hierdie dae van sensitiwiteit oor geweld teenoor vroue en kinders is dit nie ’n verhaal wat lekker op die oor val nie. Laban misbruik sy eie dogters om Jakob se dienste verniet te kry. In die proses skep hy ’n onhoudbare situasie in Jakob se huis. Lea met die sagte oë, en die beeldskone Ragel met die pragtige figuur.

Lea was die oudste, maar Ragel was Jakob se liefling. Lea, die onbeminde, gee vir Jakob vier seuns terwyl Ragel kinderloos bly. Alles skreeu: PROBLEME! En dit was ook so. Ons lees in Gen 30 meer daarvan.

Poligame huwelike is nooit in die Ou Testament verbied nie, maar daar is oorgenoeg voorbeelde van ongelukkige huwelike waar ’n man meer as een vrou het: Abraham, Sara en Hagar; Jakob, Lea en Ragel; Elkana, Hanna en Peninna …

G’n wonder nie dat ons in die Nuwe Testament lees dat die huwelik vir een man en een vrou bedoel is (vgl 1 Tim 3:2 en Titus 1:6 in die OAV).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.