Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het […] Prys die Here! (vers 1 en 45b)
Die digter kyk terug na Israel se geskiedenis en sien die hand van die Here in alles wat gebeur het. Selfs toe dinge oënskynlik verkeerd geloop het (vers 17), was Hy in beheer.
Ek en jy het ook ’n verlede waarna ons kan terugkyk; ’n geskiedenis waarin ons God se pad met ons kan sien; hoe Hy soms ingegryp het, soms langs ompaaie gestuur het, soms gekeer het, soms geseën het, soms op wonderbaarlike maniere voorsien het (vers 41).
God het ons nie aan ons lot oorgelaat nie. Soos met Israel het Hy ook met ons elkeen ’n verbond gesluit (vers 8). Toe jy gedoop is, het Hy belowe dat Hy om Christus wil altyd jou Vader sal wees. En omdat jy God se verbond met jou aanvaar, kan jy weet dat jy altyd sy kind sal bly.
Soos met Israel, is God ook met jou op pad. Die bestemming is die nuwe hemel en nuwe aarde wat ons sal beërf.
G’n wonder nie dat die digter ons oproep om God te prys (vers 1 en 45).
Hits: 2