God het vir Jakob gesê: “Maak jou klaar en gaan na Bet-El toe en bly daar. Bou vir My daar ’n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het.” (vers 1)

Wanneer jy in die nood is, is dit maklik om beloftes aan God te maak. Toe hy vir Esau gevlug het en God aan hom verskyn het by Bet-El (Gen 28), het hy plegtig belowe dat die Here sy God sal wees as God hom behoue sal laat terugkom. Ongelukkig vergeet ’n mens maklik dié beloftes wanneer dit beter gaan.

Dis wat met Jakob ook gebeur het. Hy het vrede gemaak met sy broer, maar sy gelofte destyds by Bet-El moet nog nagekom word voordat hy die beloofde land kan beërwe. Dit is hieraan wat God hom nou herinner.

Jakob weet wat God van hom verwag. Daarom beveel hy al sy mense om die afgodsbeelde te bring, en ook die juwele met ’n godsdienstige betekenis. Hierdie is alles simbole van ontrou aan die God van Abraham.

Die afgodsbeelde is so nikswerd dat hy dit onder ’n boom kan begrawe.

God eis onverdeelde trou aan Hom, en beloftes maak skuld (Ps 50:14).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.