Die vlugteling moet in die stad bly totdat hy voor die bevoegde vergadering tereggestaan het en totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Eers dan mag die persoon wat die dood veroorsaak het, vry teruggaan huis toe … (vers 6)

Bloedwraak was deel van die ou familiereg, waar die naaste bloedverwant van iemand wat gedood is, die verpligting gehad het om die dood te wreek. Die wreker het nie die diskresie gehad om te besluit of dit ’n opsetlike dood ( moord), of onopsetlik (manslag), was nie. Iemand is dood, en dit moes gewreek word. Dit kon natuurlik lei tot ’n kringloop van wraak en weerwraak, wat nooit die intensie van bloedwraak was nie.

Die instel van asielstede was ’n meganisme om ’n balans te vind tussen die vereiste dat die skuldige gestraf moet word, en die “onskuldige” beskerm moet word. Interessant dat selfs wanneer die betrokke persoon in die hof onskuldig bevind is, hy of sy nie vry was om huis toe te gaan nie. Eers as die hoëpriester sterf, was hy of sy vry.

Wat moet ons hiermee maak? Ons is almal skuldig, leer die Woord (Rom. 3:23). Maar Jesus, ons Hoëpriester (Heb. 4:14), het gesterf en ons só vrygemaak.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.