Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk. Sela (Ps 3:9)
Die woordjie “sela” wat meermale in die Psalms voorkom (hier in vers 3,5 en 9), het Skrifverklaarders al baie laat kopkrap. Die presiese betekenis van die Hebreeuse woord is nie bekend nie, maar dit is waarskynlik ’n musikale of liturgiese term, wat aandui dat daar ’n pouse, stilte of ’n breuk in die uitvoering moet wees. In hierdie psalm kan ’n mens dit mooi sien.
Dawid het in sy nood gedink aan tye in die verlede toe die Here aan hom gewys het dat Hy vir hom omgee en sorg (vers 8). Daarmee wys hy ons hoe ons in óns noodsituasie moet maak.
Wat is dit wat jou op die oomblik bang maak of bedreig? Praat met die Here oor dit wat jou bekommer of bang maak. Vertel Hom, soos Dawid in die psalm, van kere toe Hy jou gehelp het, en bely jou vertroue in Hom as jou helper. Dan kan jy rus vind in die wete dat God jou vashou.
Views: 10