Aan die Here, die God van Israel, kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Amen, ja, amen. (vers 14)
Hierdie psalm kom van iemand wat baie siek is; só siek dat daar mense is wat glo hy gaan dit nie maak nie (vers 6-9). Die manier waarop die digter sy siekte hanteer, kan ons ook help.
Hy begin deur sy geloof te bely in die Here in wie sy hand sy lewe is (vers 2-4). Veelseggend dat hy selfs in sy ernstige siekte aan die swakke dink (vers 2)! In sy gebed vertel hy hoe ander se reaksie op sy siekte sy nood vererger. Wat doen hy in hierdie situasie? Hy vlug na God en pleit om genesing, want hy weet God het hom lief (vers 11-13).
Die laaste vers (vers 14) is ’n verrassing. Die digter prys God ondanks van sy nood!
In tye van nood mag jy jou op God verlaat. Hy sorg vir jou, selfs al sien jy dit nie. Dít is geloof: om te weet, te midde van jou ellende, dat God jou nie sal los nie. Daarom kan jy in jou nood God prys – nie oor jou ellende nie, maar omdat jy weet God sal jou deurdra. Aan Hom kom die lof toe.
Views: 13