Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning! (vers 3)
Die probleem wanneer ons teenspoed beleef, soos die digter van Psalm 43, is dat dit vir jou voel of jy alleen is, afgesny van alles wat vir jou lief en dierbaar is, en veral ook afgesny van God. Dis hoe die digter voel, verstoot deur God self (vers 2).
As dit gebeur, help dit nie om op ’n hopie te gaan sit en jouself bejammer nie. Jy moet uit die gat uitkom. DÃt is die kern van hierdie gebed: Die bidder steek sy hand na God uit en roep om hulp, al voel hy verlate van God. Hy bid om God se lig, wat hom sal teruglei na die teenwoordigheid van God (vers 3). Want daar, weet hy, as hy net eers weer saam met ander God kan prys, sal dit beter gaan met sy gemoed.
Iemand het gesê geloof is aansteeklik. Jy steek dit aan by dié wat dit net. Jy steek dit aan by ander gelowiges. Dis hoekom die inperking party van ons so hard slaan, ook in ons geloof.
Bid dat ons gou weer vir God saam met ander in die kerk kan aanbid!