Ná so ’n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, […] “want,” het Job gesê: “miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.” Job het dit elke keer gedoen. (vers 5)

Die Bybel sê Job was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy (vers 1). Hy het in die regte verhouding tot God gelewe en ook sy godsdiens elke dag uitgelewe. Deel hiervan was dat hy vir sy kinders gebid het – nie in die eerste plek vir hulle welvaart nie, maar oor hulle verhouding met die Here.
Job het nie alleen, stil in sy binnekamer, vir sy kinders gebid nie – dit seker ook. Nee, hy het sy hele familie saamgeroep om saam met hom te bid. Want die vrome Job het nie sy godsdiens alleen, eenkant, beoefen nie, maar sy hele familie daarby betrek. Hy het nie net vir sy kinders gebid nie, maar ook saam met hulle gebid.
Dit bring ons by twee vrae: Leef jy só dat jou geloof in jou alledaagse lewe sigbaar is? En jou kinders – Waarvoor bid jy as jy vir jou kinders bid?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.