Die Here is groot! Aan Hom kom al die lof toe hier in die stad van ons God, hier op sy heilige berg … (vers 2)

Met die eerste lees kan ’n mens maklik dink dat hierdie psalm gaan oor die skoonheid en grootsheid van Jerusalem. Maar dit is nie die geval nie. Jerusalem is groot omdat God groot is, omdat Hy daar is. Die loflied is op God gerig. Hy beskerm die stad (vers 4-9); sy tempel staan daar as plek van aanbidding en bepeinsing oor God se trou (vers 10); God se mag bring redding (vers 11); Hy is die Een wat sy mense altyd lei (vers 15).

Toe die Samaritaanse vrou met Jesus wou redeneer oor watter plek nou eintlik die belangrikste aanbiddingsplek is (Joh 4:20), antwoord Hy dat die plek nie so belangrik is nie as dat die Gees die aanbidder lei. Jesus is immers Immanuel, God by ons, en die Gees rig ons op Hom. Die grootheid van God word nie gemeet aan die grootsheid van ’n plek of gebou nie, maar aan sy teenwoordigheid in ons.

G’n wonder nie dat Paulus skryf ek en jy is die tempel van God omdat sy Gees in ons woon (1 Kor 3:16). In óns moet God verheerlik word.

image_pdfimage_print

Views: 3

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.