Die mens wat My eer, is die een wat lof as ’n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red. (vers 23)

Hierdie psalm trek die verhouding tussen ons en God reg. In ons verwronge, sondige gedagtes kan ons onsself maklik wys maak dat God ons nodig het, dat ons Hom ’n guns bewys as ons vir Hom lewe en ’n deel van ons geld en goed aan Hom gee.

God se antwoord is eenvoudig: Hy het nie ons goed nodig nie. Alles op hierdie aarde is immers Syne. Nee, Hy wil nie ons geld of ons goed hê nie. Hy wil vir óns hê. Hy het behae daarin dat ons ons oë op Hom rig wanneer ons in die nood is, dat ons Hom loof wanneer ons bly is, dat ons Hom eer met ons hele lewe.

Daarom dat Hy in hierdie psalm so skerp te velde trek teen mense wat ewe vroom sê hulle glo, maar hulle lewe vertel ’n ander storie. Jou dankoffer flous Hom nie. Dis jou hart wat Hy wil hê, nie jou geld nie.

Dit beteken natuurlik nie dat dankoffers onnodig is nie, maar dan moet dit presies dit wees: offers om dankie te sê.

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.