Die dwaas dink daar is geen God nie. (vers 2)

Hierdie psalm kon net sowel vandag geskryf gewees het. Ons leef immers in ’n wêreld wat hom nie meer aan God steur nie. Party mense dink daar is nie ’n God nie, en talle ander dink God maak nie saak nie. Hulle dink Hy is onbetrokke in ons lewe, en het niks met die hier en nou te make nie.

Dawid sê reguit: dit is dwaasheid om God te ignoreer. Dit lyk of almal afgedwaal het en ontaard is (vers 4). Die vraag wat by baie mense opkom, is: Het die kerk nog iets te sê vir so ’n dwase wêreld?

Die Johannes-Evangelie herinner ons daaraan dat dit juis vir só ’n wêreld is wat Jesus gekom het – ’n wêreld wat God nie ken of wil ken nie. “Hy het na sy eiendom gekom, maar tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie,” skryf Johannes in 1:11. En, skryf Johannes, God oorwin die dwaasheid van die mensdom met liefde (Joh 3:16). Só het God die lot van sy volk verander (Ps 53:7).

Die kerk – ons! – hét inderdaad iets vir die wêreld te sê, want God het nie opgegee op die mensdom nie.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.